|
Die
tema van Epifanie en die uitwerking van Christus se koms na die
wêreld word deur verskeie bydraes uitgedra.
Vanuit
die 2012 Bybelse Dagboek word twee dagstukkies van dr Piet
van Staden van Stellenbosch geplaas, naamlik die tekste van 1 en
8 Januarie.
Dr
Van Staden
skryf:
Om God se gesig te sien, is die uiterste, die finale
ervaring. Só magtig is dit, só heerlik, dat die mens moet beswyk by
die direkte aanblik van God. Maar God se verskyning gaan gepaard met
tekens. Waar Hy was, bly sy teenwoordigheid talm, kan dit agterna
nog bemerk word, hoor jy nog die roep die Here.
Wil jy gesprek voer oor God? Dan moet jy eers gesprek
voer met Hom. Kyk om jou rond. Sien sy talmende teenwoordigheid in
die grootsheid van die natuur, in die innigheid van jou verhoudings,
in die wonder van die liefde. Praat mét Hom, dan sal dit maklik wees
om óór Hom te praat.
Met Epifanie word ons herinner aan die lewe van Jesus
op aarde. In aansluiting daarby skryf dr Wouter van Wyk oor
die Kerk se nuwe tema vir die volgende paar jaar:
In Christus se voetspore.
|