| |
ANDER ARTIKELS |
|
| |
Kerklike vraagstukke,
historiese antwoorde
Prof
Natie van Wyk
se
rubriek soek in historiese tekste na rigtinggewende perspektiewe op
probleme waarmee die Kerk vandag worstel. Een van die groot
uitdagings waarvoor ons te staan gekom het, het met die inkrimping
van die Kerk te make. Ons word met die feit van ’n verouderende kerk
gekonfronteer. Verder het politieke omstandighede meegebring dat
talle van ons lidmate – en veral jonger lidmate – geëmigreer het.
Laastens het die sekularisasieproses met onverwagte snelheid die
laaste twee dekades oor ons heen gespoel. Die ondenkbare van 30 jaar
gelede, naamlik dat die Afrikaanse kerke ’n minderheid
verteenwoordig, is besig om al meer en meer ’n werklikheid te word.
Aan
ouderdom en die dood kan ons niks doen nie. Aan die emigrasiesyfers
kan ons waarskynlik ook niks doen nie. Ons kan en moet egter iets
aan die proses van ontkerkliking probeer doen. Justinus die
Martelaar argumenteer dat die Christelike geloof denkend met
lewensprobleme omgaan. Hierdie denke word egter gekoppel aan die ou,
geloofwaardige tradisie van lewensbesinning wat voortspruit uit die
geloof in die lewende God, die Vader van Jesus Christus.
*********************************** |
|
| |
God se Liefde bo alles
Ds
Martyn Redelinghuys
skryf oor die huwelik, die mees
intieme en beslissende van ons verhoudings. Elke huwelikspaar weet
dat die ou sondige mens altyd weer sy verskyning maak in die
huwelik. Die ergste is nie dat dit gebeur nie, maar hoe ons dit
hanteer. Ons kan ons verskille volgens die ou mens hanteer en mekaar
Liefdeloos oor en weer beskuldig, begin rusie maak, en so alle
kommunikasie wat sinvol is tot stilstand laat kom.
So ’n atmosfeer maak liefde dood. Die enigste alternatief is om die
ou mens dood te maak en as nuwe mense in Liefde met mekaar te begin
praat. Nuwe mense lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons
gedrag bepaal (Gal 5: 25).
Natuurlik is dit nie maklik nie, maar dit is die ononderhandelbare
opdrag van die Here: lewe deur die Gees, kruisig die ou mens, voed
die nuwe mens. Lewe uit Liefde. Die mate waarin ons daarmee erns
maak, sal ook die egtheid van ons geloof bepaal en sal bepaal of ons
huwelik verwelk of blom.
*********************************** |
|
| |
Hervormde Teologiese Kollege
 Prof
Theuns Dreyer
kyk terug oor sy
loopbaan by die HTK. Dit was ’n belewenis om
studente te sien groei as mense, teoloë en predikers. Hy skryf:
Die voorreg wat ek gehad het om by die vorming van
die meeste van ons predikante betrokke te kon wees, laat ’n mens
klein voel. Menige gesprek met studente en predikante oor hulle
probleme, seerkry en geloofsworsteling het my ook ’n ryker mens
gemaak. Ek is dankbaar teenoor die Kerk dat hulle my met die opdrag
vertrou het, en ek vra vergewing vir die foute wat ek gemaak het.
Prof
Dreyer kyk ook vorentoe, want met die benoeming van dr Christo van
der Merwe as sy opvolger het daar ’n nuwe era vir die HTK
aangebreek. Dit is goed dat in hom as persoon daar weer nuwe
energie, ideale en perspektiewe tot die opleiding van ons predikante
toegevoeg word. Hy is nie vreemd in die Kollege nie, want vanaf die
begin was hy as dosent betrokke by die aanbieding van sekere
modules. Hy is ’n ervare gemeentepredikant, teoloog en kerkleier. Sy
integriteit as mens, as gelowige en as empatiese pastor dwing by
almal respek af.
*********************************** |
|
| |
Die Kerk groet... en
verwelkom
Mnr
Kobus Viljoen
het so
pas na 15 jaar in diens van die Hervormde Kerk afgetree. Hy kyk
terug oor die hoogtepunte (en laagtepunte) van die afgelope jare, en
stel lesers bekend aan sy opvolger, mnr Elmar Struwig. En mnr
Viljoen groet met ’n dankwoord:
Baie
dankie aan die Hervormde Kerk vir die hoogtepunte wat ek altyd sal
onthou, en die mense wat ek nie wil uitsonder nie – julle is en was
baie spesiaal.
*********************************** |
|
| |
’n Ruskans na 45 jaar
Mej
Rona Barnard
deel van
haar ervarings van die afgelope 45 jaar met lesers. En sy sê:
45 jaar gaan soos ’n oogwink verby, en as jy so
gelukkig in jou werk was soos ek, is dit met groot dankbaarheid
teenoor die Heer van die kerk dat ek terugkyk en weet Hy het my die
vermoë, gesondheid en baie genade gegee om my werk na die beste van
my vermoë te kon doen.

*********************************** |
|
| |
Padpredikant
Susan
Kilian,
’n lidmaat van Gemeente Grimbeekpark wat die Konteks-toer na
die Laeveld meegemaak het, deel haar ervaring met ons.
*********************************** |
|
| |
Van ver af...
Dr
Christo Pretorius
skryf
oor die Siener, Niklaas van Rensburg. Hy het altyd sterk beswaar
gemaak teen bewerings dat hy hom met toekomsvoorspellings besig hou.
Sy opmerkings was dat nie eens die engele in die Hemel weet
wanneer iets gaan gebeur nie; die tyd en geleenthede is by God
alleen bekend. Hy voeg ook by: Vir die gelowige gee God tekens
waarop ag gegee moet word.
Te midde
van die krisisse in land en volk het Niklaas volgens sy
geloofsoortuigings geleef – stil en ingetoë met ’n verstommende
geesteskrag wat hy uitstraal. In die tydperk vanaf die
Anglo-Boereoorlog tot met sy dood in 1926, was hy ’n bron van
geloofskrag vir gemarginaliseerde en verarmde Afrikaners – ’n
beskeie en goedhartige geestelike leidsman van sy mense en ’n
toegewyde ouderling in die Kerk. Bowenal is dit belangrik dat die
Siener se mede-Afrikaners sal weet en onthou dat dit nie in die
eerste plek gaan oor die feit dat iets iewers in die toekoms
sal gebeur nie, maar hoe gelowiges daarop moet reageer!
*********************************** |
|
| |
Kommentaar oor
Konteks
Terugvoer is belangrik, en ons deel met lesers van die kommentaar
wat onlangs oor die tydskrif ontvang is.
*********************************** |
|
| |

Onder
redaksie van Magda van Deventer verskyn die volgende
artikels:
-
Inleiding: Vier snytjies brood
(Andries Pretorius)
-
ADV-sake: Webblad propvol
inligting (Magda van Deventer)
-
Seniors: Voeg jare by jou lewe
(Magda van Deventer)
-
Barmhartigheid: Volg net in sy
voetspore (Hans Janse van Rensburg)
|
|
| |
***********************************
GEMEENTENUUS
Lees oor
Gemeente Lichtenburg wat hul 120ste verjaardag gevier
het; ’n inwoner van die Monumenttehuis in Mokopane wat 101
jaar oud is; ’n 60ste huweliksherdenking vir ’n egpaar van
Gemeente El-Flora; Gemeente Rooihuiskraal se
Belydenisklas van 2011; Gemeente Middelburg se twee orreliste
wat hul 20-jarige jubileum as orreliste van die gemeente gevier het;
en oudl Flip Coetzer van Gemeente Witbank wat 62 jaar lank
deel was van die gemeente se kerkraad – hy en tannie Marie het aan
die begin van Oktober na Pretoria verhuis. (Ons het intussen verneem
dat oom Flip op 12 November in die ouderdom van 90 jaar oorlede is.)
*********************************** |
|
| |

Onder redaksie van Magda van Deventer verskyn die volgende
bydraes:
-
My
gebed vir jou, Vrou (Ansie Cilliers)
-
Boodskap van hoop (Tessa Coetzer)
-
Lesersbrief (Hantie Dreyer)
-
Sjokoladelekkertes (Thea van Rooyen)
|
|
| |
***********************************
VIR DIE
KLEINSPAN
Gorrie-gogga
vertel die verhaal van Sagaria en Elisabet. Hulle het
nie kinders gehad nie, maar Elisabet het ernstig tot die Here gebid,
en toe sê ’n engel vir haar haar gebed is verhoor. Sagaria wou dit
nie glo nie, omdat hulle al oud was, en het toe vir ’n lang tyd sy
stem verloor. Hul seun was Johannes die Doper, wat later almal van
Jesus vertel het.
*********************************** |
|
| |
|
|