Tema-artikels Ander artikels Bylaag

Die tema van hierdie uitgawe:

Hemelvaart

 

IN hierdie uitgawe...

 

In hierdie uitgawe

 

’n Liturgie vir Hemelvaart
Kerkjaar: Hemelvaart
Bybelstudie oor 1 Petrus
Kerklike vraagstukke,

      historiese antwoorde
Bybelvasvra 2012
God se Liefde bo alles
Uit die pastorale spreekkamer
Gelowige Gesinne Gesprek
Ons inheemse natuurerfenis
Van ver af...
CD-bekendstelling
Verhale van hoop: Witfontein
 

ADV-bylaag: ’n Stukkie brood
 

Wat jou barmhartigheidsoffer regkry
Saam bereik ons meer
Huis, paleis... aftreeoord
 

Uithaalbylaag: Ring van Pretoria
 

Christen-vrouwees vandag
 

Die Christelike Vrou
 

Gemeentenuus
 

Kleinjeug
Gorrie-gogga
 

Kompetisie
 

Woord vir Woord

Van die redakteur

 

Dr Wian Kloppers skryf oor ons lewensreis en eindbestemming. Die buitebladbeeld met grassade (soos gras is ons dae) waarop reëndruppels blink, dra ’n boodskap van kortstondigheid (ons aardse lewe) met die simbool van lewe (water) daarop. Dit vertel iets van ons lewensreis: weerlose, geknakte riete waaraan Christus se lewegewende offerbloed, opstanding en hemelvaart nuwe lewe met nuwe horisonne bied… Die vorm van die sadestingels is soos vlerke wat oopgesprei is om hemelwaarts te vlieg. Daar het in hul stowwerige bestaan bestemming gekom!

 

Die hemelvaart van Christus bring in ons geykte en verbeeldinglose bestaan beeldryke nuwe moontlikhede wat aardse verbeelding te bowe gaan. Ons kan dié reis opnuut aanvaar – in die verwagting dat Christus ons ook enduit (deur ons vreemdelingskap in hierdie wêreld) sal dra – sodat ons die reis kan voltooi en die ewige eindbestemming kan bereik.

 

 

Tema-artikelsAnder artikelsBylaag